09 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-07-2025 só ingevul:
Die ........ wat die siekte aan die liggaam veroorsaak, is nog nie vasgestel nie.
lang-termyn-skade lang termyn skade langtermynskade lang termyn-skade
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lang" + selfstandige naamwoord "termyn") en ʼn selfstandige naamwoord "skade".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Vier dae later in Standerton het Temba die rekord weer twee keer ........ .
geëwenaar geewenaar ge-ewenaar geêwenaar
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Tydens die parlementsitting het ʼn ........ van stemme opgeklink: "Pay back the money!"
oratorium sekstet opera koor
ʼn Versameling stemme word ʼn "koor" genoem, ongeag of die mense sing. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
Die geskiedenis van die ........ is baie interessant.
Tweede wêreldoorlog tweede Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog tweede wêreldoorlog
Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)