2181 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-09-2025 (vlak 2)



vorige toets 17 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-09-2025 só ingevul:



Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.
1 % (afgerond)inag genome
5 % (afgerond)in aggenome
42 % (afgerond)in ag genome 
52 % (afgerond)inaggenome

"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Hulle sê 'n profeet word nooit in sy eie land ........ nie; dis hoekom soveel Suid-Afrikaners oorsee so goed vaar, maar taamlik onbekend is in hul geboorteland.
3 % (afgerond)geêer
87 % (afgerond)geëer 
3 % (afgerond)ge-ëer
7 % (afgerond)ge-eer

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: 'n ........ in die kruitvat.
22 % (afgerond)Lont
1 % (afgerond)Vuur
76 % (afgerond)Vonk 
1 % (afgerond)Vlam

Die idioom "'n vonk in die kruitvat", beteken ''n plofbare situasie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ is die grootste van die wêreld se oseane.
4 % (afgerond)Stille oseaan
95 % (afgerond)Stille Oseaan 
1 % (afgerond)stille oseaan
stille Oseaan

Geografiese name, byvoorbeeld die name van oseane en mere, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties