1751 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 18 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-09-2026 só ingevul:



Die belang van 'n goeie opvoeding kan nie onderskat word nie.
'n Sinoniem vir die woord "opvoeding" in bostaande sin, is ........ .
6 % (afgerond)beginsel
2 % (afgerond)prestasie
91 % (afgerond)skoling 
1 % (afgerond)kos

Sinonieme is verskillende woorde ("opvoeding" en "skoling") wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Die ........ wat die EU stel, is bykans onbereikbaar vir Suid-Afrikaanse boere.
27 % (afgerond)maatstawe
2 % (afgerond)maatstafs
71 % (afgerond)maatstawwe 
maatstaffens

Woorde wat op ʼn kort vokaal en ʼn "f" eindig, kry ʼn "ww" in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "maatstaf – maatstawwe").
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Fiona se skielike vriendelikheid slaan my ........ .

83 % (afgerond)dronk 
3 % (afgerond)uit
7 % (afgerond)seer
6 % (afgerond)stukkend

Die idioom "dit slaan my dronk", beteken 'ek verstaan dit nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die advokaat het die beskuldigde se saak in die hof bepleit.
Wat is die woordsoort van die woord "bepleit" in bostaande sin?

1 % (afgerond)voegwoord
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord
97 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "bepleit" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties