02 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-10-2026 só ingevul:
Weens die staking het my pakkie glo in die ........ soek geraak.
pakketkantoor paketkantoor pakettekantoor pakkettekantoor
ʼn Samestelling (“pakkettekantoor”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pakkette” en “kantoor”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die griep maak my miserabel. Wat is die woordsoort van "miserabel" in bostaande sin?
bywoord van tyd bywoord van modaliteit bywoord van graad bywoord van wyse
Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "miserabel", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Idioom: Iemand van die egte ........ .
stoffasie mondering bloed stempel
Die idioom "iemand van die egte stempel" beteken 'iemand met 'n karaktervaste eienskap. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ons Joodse bure vier vandag ........ ; oftewel die Joodse Nuwejaar.
Roosj Hasjana roosh hashana roosj hasjana Roosh Hashana
Die name van Joodse feesdae word verafrikaans. Die Hebreeuse ראש השנה beteken "hoof van die jaar" in Afrikaans.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)