22 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-10-2026 só ingevul:
Jy het ʼn ........ nodig ingeval jy jou in ʼn moeilike situasie bevind.
troef kaart troefkaart troef-kaart
ʼn Samestelling ("troefkaart") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("troef" en "kaart") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ het groot skade aan geboue en motors aangerig.
haël hagel hael haal
Die “ae”-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: Ek wil graag vir Natasha 'n ........ gee vir al haar moeite met die reëlings.
loesing geskenk pluimpie veer
Die uitdrukking "vir iemand 'n pluimpie gee", beteken 'iemand prys vir sy/haar goeie werk'. Die woord "pluim" beteken 'veer'. Vergelyk dus die Engelse uitdrukking "a feather in one's cap". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ons eet ........ gestoofde pruimedante vir nagereg.
zondag Zondag sondag Sondag
Dae van die week ("Sondag"), die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)