2393 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Uitdrukkings en segswyses | Kollokasies

'n Kollokasie is 'n kombinasie van woorde wat dikwels saam gebruik word, maar wat nie 'n vaste uitdrukking is nie omdat die afsonderlike woorde se betekenis steeds gehandhaaf word en die verbinding nie as 'n sterk eenheid optree nie. Byvoorbeeld:

  • 'n hekel aan
  • 'n renons in 
  • fyn spot
  • nugter weet
  • sorg baar
  • bose kringloop
  • klakkeloos napraat
  • in aanbou
  • rasend honger
  • verbond sluit
  • verbind tot
  • beletsel op
  • gemoeid met
  • onbewaakte oomblik
  • aandag trek
  • sout en peper (en nie peper en sout nie)
  • hart en siel
  • teen wil en dank
  • goedskiks en kwaadskiks
  • raad en daad





Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties