14 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-05-2025 só ingevul:
My pa ry 'n ........ en gebruik hom op enige terrein.
4x4-Suzuki 4x4 Suzuki
Eienaamverbindings met 'n syfer of simbool as eerste lid en 'n eienaam as die ander lid word met 'n koppelteken vas geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Ek was ........ toe ek laat in die nag 'n geluid in die kombuis hoor.
beangs be-angs beängs
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die goue munte het ........ verdwyn.
sonder teken spoorloos soos towerkuns
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “spoorloos verdwyn”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die Springbokke speel hierdie naweek in ........ .
Nieuw zeeland Nieu-Seeland Nieu Zeeland Nieuseeland
Hierdie pleknaam word in Afrikaans as "Nieu-Seeland" geskryf en bevat nie 'n "z" soos in die Engelse vorm ("New Zealand") nie. Nieu-Seeland is oorspronklik vernoem na die provinsie Seeland in Nederland.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)