17 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-01-2025 só ingevul:
Ons het altyd 'n ........ vol petrol in die kar vir noodgevalle.
twintig literhouer twintigliterhouer
twintigliter houer
twintig liter houer
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (telwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die boereorkes het ʼn vinnige vastrap gespeel. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "vastrap" in bostaande sin?
soortname
abstrakte naamwoorde
eiename
dansname
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "vastrap", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Idioom: Geen roos sonder ........ nie.
blare
kleur dorings
bye
'n Ateïs is iemand wat die bestaan van 'n opperwese ontken en ook bekend staan as 'n ........ .
Godloënaar
god loënaar of God loënaar
Godloënaar of godloënaar godloënaar
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)