2265 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-01-2025 (vlak 3)



vorige toets 17 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-01-2025 só ingevul:



Ons het altyd 'n ........ vol petrol in die kar vir noodgevalle.
6 % (afgerond)twintig literhouer
78 % (afgerond)twintigliterhouer 
8 % (afgerond)twintigliter houer
8 % (afgerond)twintig liter houer

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (telwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die boereorkes het ʼn vinnige vastrap gespeel.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "vastrap" in bostaande sin?
62 % (afgerond)soortname 
25 % (afgerond)abstrakte naamwoorde
5 % (afgerond)eiename
8 % (afgerond)dansname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "vastrap", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Idioom: Geen roos sonder ........ nie.
blare
1 % (afgerond)kleur
99 % (afgerond)dorings 
bye

Hierdie idioom beteken 'alles het 'n minder aangename kant'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



'n Ateïs is iemand wat die bestaan van 'n opperwese ontken en ook bekend staan as 'n ........ .
10 % (afgerond)Godloënaar
1 % (afgerond)god loënaar of God loënaar
42 % (afgerond)Godloënaar of godloënaar
47 % (afgerond)godloënaar 

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties