2260 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-01-2025 (vlak 2)



vorige toets 20 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-01-2025 só ingevul:



Ons eet vanaand rys, vleis en aartappels.
Wat is die woordsoort van "en" in bogenoemde sin?
9 % (afgerond)onderskikkende voegwoord
41 % (afgerond)geskikte voegwoord
50 %neweskikkende voegwoord 

Neweskikkende voegwoorde behou hul woordvolgorde asof die sinsnede onafhanklik is, byvoorbeeld "en", "maar", "want," "of", "asmede", en "dog". By onderskikkende voegwoorde (meeste voegwoorde) verander die woordorde.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Een naweek het ons Hartenbos toe gery vir ’n ........ .
42 % (afgerond)hoë impaknaweek
13 % (afgerond)hoë-impak-naweek
6 % (afgerond)hoë impak-naweek
39 % (afgerond)hoëimpaknaweek 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "hoë" + selfstandige naamwoord "impak") en ʼn selfstandige naamwoord "naweek".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Meryl Streep is een van ........ aktrises ter wêreld.
91 % (afgerond)die bekendste 
die meer bekend
9 % (afgerond)die mees bekendste
die mees bekender

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “bekend”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “meer bekend” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die bekendste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die simposium oor rassisme in die media is ........ gekanselleer.

4 % (afgerond)ter elf der ure
6 % (afgerond)terelfder ure
65 % (afgerond)ter elfder ure 
25 % (afgerond)terelfderure

Die uitdrukking "ter elfder ure" beteken 'op die laaste oomblik, byna te laat'.
(Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties