2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 15 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-08-2024 só ingevul:



Ek dra net ........ herinneringe van jou in my hart.
91 % (afgerond)soete 
9 % (afgerond)soet

Byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry gewoonlik nie die "-e" in die attributiewe posisie nie. Wanneer dit wél verbuig word, het dit dikwels 'n figuurlike betekenis. Byvoorbeeld:
"Maudie is 'n soet dogtertjie" teenoor "Ek dra net soete herinneringe van jou in my hart."
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Jan-Willem ........ die sang met behulp van die kitaar.
1 % (afgerond)bigelei
2 % (afgerond)begely
97 % (afgerond)begelei 
bigily

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe. Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



........ is ’n landboutegniek wat by onbesproeide landbougewasse, wat min jaarlikse natuurlike reënval ontvang, toegepas word.


1 % (afgerond)Droë land boerdery
1 % (afgerond)Droë land-boerdery
97 % (afgerond)Droëlandboerdery 
1 % (afgerond)Droë-land boerdery

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
https://af.wikipedia.org/wiki/Dro%C3%ABlandboerdery
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ons het oor 'n glas wyn sit en peins oor dinge wat anders kon gewees het.
'n Sinoniem vir die woord "peins" is ........ .

1 % (afgerond)kerm
9 % (afgerond)onthou
5 % (afgerond)mopper
85 % (afgerond)mymer 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "mymer" kom nie meer so dikwels voor nie, maar beteken 'jou in weemoedige gedagtes versink'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties