2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 20 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-08-2024 só ingevul:



Ek dink jy slaan die bal mis.
Wat is die woordsoort van die woord "bal" in bostaande sin?
1 % (afgerond)bywoord
voegwoord
5 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
94 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "bal - die bal - balle".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Natasja blink uit in ........ .
1 % (afgerond)land loop
land-loop
98 % (afgerond)landloop 

ʼn Samestelling ("landloop") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("land" en "loop") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



In ........ het die mense ’n kenmerkende manier van praat.
85 % (afgerond)Namakwaland 
14 % (afgerond)Namaqualand
1 % (afgerond)namakwaland
namaqualand

Eiename en plekname ("Namakwaland") word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Idioom: Moenie ........ honde wakker maak nie.
1 % (afgerond)bruin
97 % (afgerond)slapende 
mooi
2 % (afgerond)blaffende

Die idioom "moenie slapende honde wakker maak nie" beteken ‘laat sake staan wat onaangename gevolge kan hê’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties