2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 20 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-08-2024 só ingevul:



Dit is nou ........ moeite.

18 % (afgerond)dubbel
74 % (afgerond)dubbele 
8 % (afgerond)dubbelle
dubble

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die ekoloog is bekommerd oor die ........ in die gebied.
4 % (afgerond)omgewings-agteruitgang
6 % (afgerond)omgewingagteruitgang
85 % (afgerond)omgewingsagteruitgang 
4 % (afgerond)omgewings agteruitgang

Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op “-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Byvoorbeeld "omgewingsagteruitgang” en “identiteitskrisis”. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf. (Bron: AWS)

Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die komponis se musiek getuig van ........ invloede, weens sy jare lange verblyf in China.
4 % (afgerond)asiese
26 % (afgerond)Asiese
17 % (afgerond)asiatiese
54 % (afgerond)Asiatiese 

Geografiese name begin met 'n hoofletter, byvoorbeeld "Asië", "Midde-Ooste", "Weste" (AWS 9.13).
Sien ook die bladsy Plekname.



As die gehoor baie beïndruk is met ’n solis se spel, sal hulle " ........ " skree, en die solis sal ’n toegif speel.
90 % (afgerond)encore 
5 % (afgerond)encor
3 % (afgerond)ankor
2 % (afgerond)ankore

Vreemde woorde ("encore") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties