21 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-08-2024 só ingevul:
Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het swak ........ die skuld gegee vir die polisie se mislukte poging om misdaad te bekamp.
polisie-intelligensie
polisieïntelligensie
polisie intelligensie
polisieintelligensie
In sommige samestellings moet 'n mens 'n koppelteken gebruik, byvoorbeeld by opeenhoping van klinkers. As die eerste deel van die samestelling op 'n klinker eindig en die tweede deel met 'n klinker begin, kan 'n mens moontlik die woord verkeerd uitspreek omdat 'n mens die klinkers saamtrek.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die ........ waarop my ma is, laat haar vinnig gewig verloor.
dieet
diëet
dieët
Die deelteken word nie gebruik by woorde wat op "-ieet" eindig nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.
........ Ek het al weer wiskunde gedop! Watter tussenwerpsel sal 'moedeloosheid' uitdruk in bostaande sin?
Ai tog...
Ja-nee
A nee a!
Gmf...
Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk. "Ja-nee," betuig rustige, weloorwoë instemming; "Gmf..." druk verontwaardiging of minagting uit, terwyl "A nee a!" gebruik word om ergernis uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Ons sing graag met Kersfees "Die ........ is gebore".
hyland
heiland
Hyland Heiland
Verwysings na die Opperwese word met ’n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)