21 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-08-2024 só ingevul:
Die atleet het in die 100 m-naelloop ........ .
geseëvier
seegevier
geseevier
seëgevier
Die woord "seëvier" word met 'n deelteken geskryf, aangesien die grondwoord "sege" is. Wanneer die "g" wegval, word dit met 'n deelteken aangedui. Dit het ook by die Nederlandse "regen" gebeur, wat nou geskryf word as "reën".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die plaaslike hoërskool hou volgende week 'n ........ .
slegs ope dag opedag of ope dag
slegs oopdag
oop dag of ope dag
Byvoeglike naamwoorde (soos “oop” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “skool” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. Volgens die 2017-AWS kan 'n mens egter "opedag" of "ope dag" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die ........ se sang het almal tot trane beweeg.
maleierkoor of Maleierkoor
maleierkoor of maleier-koor Maleierkoor
maleierkoor
Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die president het ........ by die dinee opgedaag.
dooddeftig kraakdeftig
breekdeftig
smoordeftig
Iemand wat baie netjies en deftig voorkom, is "kraakdeftig".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)