2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 27 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-08-2024 só ingevul:



Die ........ van kleur in die skildery is mooi.
83 % (afgerond)afwisseling 
1 % (afgerond)afwiseling
2 % (afgerond)awisseling
14 % (afgerond)afwisselling

Aangesien die "i" in "wissel" kort en beklemtoon is, word dit gevolg deur 'n dubbel-"s".
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Die bank het my huis ........ .
10 % (afgerond)herwaardeer of hergewaardeer
63 % (afgerond)herwaardeer of geherwaardeer 
1 % (afgerond)hergewaardeer
27 % (afgerond)herwaardeer

Woorde wat met "her-" begin neem nie gewoonlik 'n "ge-" in die verlede tyd nie. Daar is egter 'n paar uitsonderings wat naas die basisvorm ook "ge-" in die verlede tyd kan neem, soos "herwaardeer" of "geherwaardeer", "hereksamineer" of "gehereksamineer", en "herdefinieer" of "geherdefinieer".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



As ek gaan uiteet, drink ek net ........ - die ander wyn is net nie vir my lekker nie.
26 % (afgerond)pinotage
46 % (afgerond)Pinotage of pinotage 
28 % (afgerond)Pinotage

Die name van kultivars of tipes kan met 'n hoofletter of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Ek sal jou ........ en vir altyd liefhê.
6 % (afgerond)verewig
93 % (afgerond)vir ewig 
virewig
ver ewig

Die woorde "vir ewig" beteken 'sonder einde'; die woord "verewig" is 'n werkwoord wat beteken 'om iets vir ewig te laat voortleef', byvoorbeeld: Die skrywer se werk is in hierdie bundel verewig.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties