2370 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 29 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-08-2024 só ingevul:



Die album is oorspronklik op langspeelplaat en ........ uitgereik
18 % (afgerond)kaset
13 % (afgerond)kasette
69 % (afgerond)kasset 

In verafrikaanste leenwoorde word die spelling dikwels aangepas: "cassette" word "kasset".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Growwebrood is ........ as koek.
1 % (afgerond)meer heilsamer
86 % (afgerond)heilsamer 
1 % (afgerond)die heilsaam
12 % (afgerond)meer heilsaam

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “heilsaam”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “heilsamer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die heilsaamste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Dominee lees voor uit die ........ .
6 % (afgerond)Kansel-Bybel
20 % (afgerond)kanselbybel
6 % (afgerond)kansel-Bybel
68 % (afgerond)Kanselbybel 

Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die groot reën het die brug laat instort.
Wat is die woordsoort van "instort" in bostaande sin?
6 % (afgerond)oorgangshoorwerkwoord
7 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
69 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
18 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die groot reën het die brug laat instort. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties