2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 29 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-08-2024 só ingevul:



Die ........ het die woeste vlaktes probeer tem.

2 % (afgerond)slegs pioniere
73 % (afgerond)pioniers of pioniere 
slegs pionierens
25 % (afgerond)slegs pioniers

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, asook afleidings van “-aar”, “-aard”, “-êr”, “-erd” en “-ier” kry ’n “-s” in die meervoud. Die AWS erken egter ook die meervoudsvorm met 'n "-e".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Benita wil graag 'n engel op haar enkel laat ........ .
82 % (afgerond)tatoeëer 
3 % (afgerond)tatoeeer
tatoeheer
15 % (afgerond)tatoeër

Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die ........ is besig om die bedryf lam te lê.
53 % (afgerond)drieweekstaking 
5 % (afgerond)drieweekse staking
36 % (afgerond)drie weke staking
6 % (afgerond)drie week staking

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (telwoord "drie" + selfstandige naamwoord "week") en ʼn selfstandige naamwoord "staking".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die sogenaamde "Camel Man" is 'n vergestalting van die ........ geslagsrol.
65 % (afgerond)androgene 
19 % (afgerond)androgeniese
4 % (afgerond)androgenetiese
12 % (afgerond)androgiene

Die byvoeglike naamwoord "androgiene" beteken 'wat betrekking het op beide geslagte', terwyl die byvoeglike naamwoord "androgene" beteken 'wat betrekking het op die manlike geslag'. Die vorme "androgenies" en "androgeneties" word nie in Afrikaans gebruik nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties