02 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-09-2024 só ingevul:
Kareltjie het drie verskillende ........ van die hemp op sig geneem.
grotes
grootes groottes
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Wie die ........ bedien, moet van die ........ lewe.
altaar; altaar
afgod; afgod
publiek; publiek
My pa het destyds 'n ou ........ gery.
1954 Triumph TR2 afslaankap
1954-Triumph-TR2-afslaankap
1954 Triumph TR2-afslaankap 1954-Triumph TR2-afslaankap
In samestellings met eiename waar een deel van die samestelling los geskryf moet word, word die spasies in samestellings behou, byvoorbeeld "2-deur-Land Rover-motor" of "1954-Triumph TR2-afslaankap".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Oomblikke nadat hy in die ........ geklim het, slaan hy sy opponent met 'n uitklophou.
kring kryt
ring
Die platform waarin boksers meeding, is 'n "kryt"; in Engels is dit wel 'n "ring".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)