2379 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 04 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-09-2024 só ingevul:



Vroeër is ........ dikwels in gevegte gebruik.
1 % (afgerond)swaards
96 % (afgerond)swaarde 
swaardens
3 % (afgerond)swarde

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("swaard"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die boom ........ hy wegkruip, staan hier agter die huis.

93 % (afgerond)waaragter 
5 % (afgerond)waarachter
warachter
1 % (afgerond)waragter

In geslote lettergrepe (soos in die woord “waaragter”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).

Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Ná die goeie reën is daar baie opdrifsels wat in die rivier ........ .
15 % (afgerond)af dryf
af dreif
85 % (afgerond)afdryf 
1 % (afgerond)afdreif

ʼn Samestelling (“afdryf”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“af” en “dryf”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Grethe werk as ........ werkster op Willowmore.
11 % (afgerond)maatskaplik
3 % (afgerond)sosiaal
2 % (afgerond)sosiale
84 % (afgerond)maatskaplike 

Die woord "maatskaplik" verwys na kwessies of probleme in die samelewing; die woord "sosiaal" verwys na gesellighede en omgang tussen mense.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties