2395 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 04 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-09-2024 só ingevul:



Die president het hom tot die rang van ........ bevorder.
97 % (afgerond)veldmaarskalk 
2 % (afgerond)veld-maarskalk
1 % (afgerond)veld maarskalk

ʼn Samestelling (“veldmaarskalk”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“veld” en “maarskalk”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Dit is belangrik om die ........ van die maatskappy te verstaan sodat jy weet wie is wie se baas.
2 % (afgerond)hieërargie
73 % (afgerond)hiërargie 
25 % (afgerond)hierargie
1 % (afgerond)heerargie

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “pensioen”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Ek hoes en ........ al die hele dag; dis seker griep wat kom.

2 % (afgerond)snuif
97 % (afgerond)proes 
1 % (afgerond)kug

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “hoes en proes”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die karakter ........ se neus het gegroei as hy jok.
29 % (afgerond)Pinnochio
57 % (afgerond)Pinocchio 
6 % (afgerond)Pinnoccio
9 % (afgerond)Pinoccio

Pinocchio is 'n fiktiewe karakter in die kinderboek "Die Avonture van Pinocchio", geskryf deur die Italianer Carlo Collodi. Lees meer by: https://af.wikipedia.org/wiki/Pinocchio
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties