2370 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 09 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-09-2024 só ingevul:



Dit is van ........ belang dat hierdie probleem dadelik opgelos word.
38 % (afgerond)kritiese
62 % (afgerond)kritieke 

"Kritiek" en "krities" word dikwels met mekaar verwar. "Krities" word gebruik as 'n mens kritiek uitspreek ("kritiese persoon"), terwyl "kritiek" gebruik word as iets van die uiterste belang is.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die idioom: "Hy het ʼn bek soos ʼn skeermes", beteken ........ .

2 % (afgerond)skerp tande hê
2 % (afgerond)onaantreklik wees
glad geskeer wees
96 % (afgerond)wel ter tale wees 

Die idioom "ʼn bek soos ʼn skeermes hê", beteken dat iemand taal goed kan gebruik, of baie skerp is. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Frederic dien op die ........ wat die armoedevraagstuk moet ondersoek.
8 % (afgerond)adhockomitee
19 % (afgerond)ad hoc komitee
73 % (afgerond)ad hoc-komitee 

Samestellings met woorde van ’n vreemde herkoms word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "ad hoc-komitee" (AWS 12.4).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hoeveel vrugte is daar in die mandjie op die tafel?
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "vrugte" in bostaande sin?
33 % (afgerond)versamelnaam
2 % (afgerond)abstrakte naamwoord
3 % (afgerond)eienaam
62 % (afgerond)soortnaam 

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "vrugte", "tafel", "motors" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties