20 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-01-2025 só ingevul:
Ons eet vanaand rys, vleis en aartappels. Wat is die woordsoort van "en" in bogenoemde sin?
onderskikkende voegwoord
geskikte voegwoord neweskikkende voegwoord
Neweskikkende voegwoorde behou hul woordvolgorde asof die sinsnede onafhanklik is, byvoorbeeld "en", "maar", "want," "of", "asmede", en "dog". By onderskikkende voegwoorde (meeste voegwoorde) verander die woordorde.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Een naweek het ons Hartenbos toe gery vir ’n ........ .
hoë impaknaweek
hoë-impak-naweek
hoë impak-naweek hoëimpaknaweek
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "hoë" + selfstandige naamwoord "impak") en ʼn selfstandige naamwoord "naweek".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Meryl Streep is een van ........ aktrises ter wêreld.
die bekendste
die meer bekend
die mees bekendste
die mees bekender
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “bekend”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “meer bekend” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die bekendste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die simposium oor rassisme in die media is ........ gekanselleer.
ter elf der ure
terelfder ure ter elfder ure
terelfderure
Die uitdrukking "ter elfder ure" beteken 'op die laaste oomblik, byna te laat'. (Bron: WAT)
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)