2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 13 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-09-2024 só ingevul:



Ten spyte van al ons pogings het ons ........ .
vaal
faal
5 % (afgerond)gevaal
95 % (afgerond)gefaal 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Idioom: Alles in my groentetuin groei so welig, dat ek my wil verstout deur te sê ek het ........ .
38 % (afgerond)groen vingers
3 % (afgerond)groeivingers
10 % (afgerond)'n groeihand 
49 % (afgerond)groenvingers

Iemand wat baie suksesvol is met alles wat hy plant, het 'n groeihand.
Ons Engelse vriende het "green fingers".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ma is ........ met haar kleuter wat haar begin slaan en byt het.
7 % (afgerond)raad op
13 % (afgerond)raad-op
79 % (afgerond)raadop 
1 % (afgerond)raatop

ʼn Samestelling (“raadop”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (die naamwoord “raad” en die setsel “op”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Werner het teësinnig deelgeneem aan die ondersoek.
Wat is 'n gepaste sinoniem vir "teësinnig"?
2 % (afgerond)gewillig
1 % (afgerond)goedskiks
79 % (afgerond)huiwerig
19 % (afgerond)kwaadskiks 

As jy iets teësinnig doen, is jy nie gewillig om dit te doen nie; ons sê dan jy doen dit kwaadskiks.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
51% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties