2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 19 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-09-2024 só ingevul:



En toe slaan John vir Hendrik met die ........ oor die kop.
1 % (afgerond)knop-kierie
2 % (afgerond)knopkirie
97 % (afgerond)knopkierie 
knop kirie

Die [i]-klank in die woord "kierie" is nie van Romaanse of Klassieke herkoms nie en word dus met "ie" in die middel van die woord geskryf.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die goeie nuus het haar ........ .
99 % (afgerond)opgebeur 
1 % (afgerond)op gebeur
geöpbeur
geopbeur

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Verlede tyd.



U verwag dat ons op U sal vertrou, want ........ almag is groot.
21 % (afgerond)U of u
13 % (afgerond)u  
67 % (afgerond)U

Die besitlike voornaamwoorde "sy" en "u" (vir God) word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



In die winter slaap ek onder twee komberse.
Onder watter subkategorie van die naamwoord val "komberse" in bostaande sin?

2 % (afgerond)warmtename
8 % (afgerond)eiename
86 % (afgerond)soortname 
4 % (afgerond)massaname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "kombers", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties