19 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-09-2024 só ingevul:
Op VivA se webwerf is daar verskillende ........ van gepubliseerde tekste.
slegs korpusse
slegs corpora
slegs korpora korpusse of corpora
Volgens die AWS is "korpus" se meervoud "korpusse". Die wisselvorm "corpus" se meervoud is "corpora".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Ek is baie opgewonde! Pappa gaan vir my 'n splinternuwe ........ koop!
windbuks
winbuks
wimbuks
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke eenders gemaak word. Die een klank word as 't ware deur 'n ander klank opgeneem.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Wat is 'n "tummy tuck" in Afrikaans?
slegs abdominaplastie abdominoplastiek of abdominoplastie
slegs abdominoplastie
slegs apdominoplastiek
Die woord "abdominoplastie(k)" is 'n neoklassieke samestelling en bestaan uit die volgende Latynse en Griekse dele: "abdomen" 'maag' (stam: "abdom"; Latyn) "-o-" is 'n verbindingsmorfeem "plastiek" 'die daad om iets te vorm' (gevorm uit die Griekse "plassein" 'om te vorm')
Sien ook die bladsy Samestellings.
Om die reeksmoordenaar ........ , moet speurders vernuftige speurwerk doen.
te uitoorlê
uit te oorlê
Hoewel "uitoorlê" soos 'n skeibare werkwoord lyk, is dit nie een nie. Ons kan nie sê: "Sy oorlê hom gereeld uit" nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)