20 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-09-2024 só ingevul:
Die groep mense se ........ was hartroerend.
gelofte-aflegging gelofteaflegging of gelofte-aflegging
gelofteaflegging
gelofteäflegging
Dis nie altyd so dat 'n opeenhoping van vokale die uitspraak of lees van woorde bemoeilik nie, maar indien die gebruiker voel die moontlikheid vir verwarring bestaan, kan 'n koppelteken gebruik word.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Idioom: Nie werd om iemand se ........ vas te maak nie.
veters
tou skoenriem
lyfband
Die idioom, "nie werd om iemand se skoenriem vas te maak nie," beteken 'heeltemal iemand se mindere wees. Die idioom kom uit die Bybel waar Johannes die Doper die woorde ten opsigte van Jesus gebruik. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Martjie was drie jaar oud toe sy haar eerste ........ gehad het.
ope hart operasie opehartoperasie
opehart-operasie
ope hartoperasie
Wanneer 'n woordgroep bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord (of telwoord) en selfstandige naamwoord wat in 'n samestelling as bepaler by 'n volgende selfstandige naamwoord optree, word al drie elemente vas geskryf. Ons noem dit 'n samestellende samestelling.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)