23 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-09-2024 só ingevul:
Die vliegtuig vlieg hoog bokant die stad. Wat is die woordsoort van "hoog" in bostaande sin?
byvoeglike naamwoord bywoord
voornaamwoord
voegwoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe vlieg die vliegtuig? Die antwoord: "hoog".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
As dit nie was vir die flinke optrede van die ambulansman wat ........ op Jan toegepas het nie, sou Marie moontlik vandag 'n weduwee gewees het.
mond-tot-mondasemhaling mond-tot-mond-asemhaling of mond-tot-mondasemhaling
mond-tot-mond-asemhaling
mond tot mond-asemhaling
Indien 'n woordgroep van drie of meer woorde wat op sigself nie gekoppel word nie, in 'n samestelling optree saam met 'n bykomende woord of woorde, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder 'n koppelteken vas aan die res geskryf. (Bron: AWS 12.21)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Hy het sy ........ stukkend geval.
knieë
kniegs
kniee
knië
Naamwoorde wat op “-ee”, “-i”, “-ie” of “-oe” eindig, vorm die meervoud met “-eë”, “-ië”, “-ieë” en “-oeë”, byvoorbeeld “knie – knieë”, “alkali – alkalië”, “genie – genieë” en “proe – proeë (AWS 13.10)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die uitdrukking "komkommertyd" beteken ........ .
baie druk tyd
tyd wanneer iemand dink hy of sy is "cool". stil tyd wanneer nie veel gebeur nie
tyd wanneer jy jou moet bekommer
Die uitdrukking "komkommertyd" beteken 'stil tyd wanneer nie veel gebeur nie'. Die komkommer kom oorspronklik uit Asië, veral Indië, en daar is lank geglo dat daar nooit veel gebeur in Indië nie. In Europa was Augustus die komkommertyd, omdat die handel in die somervakansie afneem. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)