2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 25 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-09-2024 só ingevul:



Die rolprent "Jurrasic Park" handel oor ........ in ’n park in die moderne tyd.
49 % (afgerond)dinosourusse 
5 % (afgerond)dinosouruse
1 % (afgerond)dinosaurusses
45 % (afgerond)dinosaurusse

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("dinosourus"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1). Die voorafgaande "s" word verdubbel om die "u"-klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Ek het die restaurant gevra om vir ons ’n tafel te ........ .
1 % (afgerond)réserfeer
1 % (afgerond)reserfeer
95 % (afgerond)reserveer 
3 % (afgerond)réserveer

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Ek soek dringend 'n ........ vanaf Johannesburg na Pietermaritzburg, asseblief.
92 % (afgerond)saamrygeleentheid 
1 % (afgerond)saamry-geleentheid
1 % (afgerond)saam ry geleentheid
6 % (afgerond)saamry geleentheid

Samestellende samestellings bestaan tipies uit die verbinding tussen 'n woordgroep ("saam" + "ry") en 'n selfstandige naamwoord ("geleentheid") en word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die woord "koper" in die volgende sin is 'n ........ .
Het jy al 'n koper vir die huis gekry?
Hierdie ketel is van koper gemaak.

10 % (afgerond)homofoon
3 % (afgerond)sinoniem
85 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “koper” (‘iemand wat iets koop’) en “koper” (‘'n metaalelement’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties