2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 26 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-09-2024 só ingevul:



Leonora se ........ neem af wanneer sy die persoon wat sy moet oortuig aantreklik vind.
oorreding-vermoë
2 % (afgerond)oorreding vermoë
93 % (afgerond)oorredingsvermoë 
5 % (afgerond)oorredingvermoë

Die "s"-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in 'n samestelling op "-ing", "-skap", "-heid" en "-(i)teit" eindig. Ander voorbeelde sluit in: "gemeenskapsforum", "veiligheidshek" en "identiteitskrisis".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Mev Mc Donald skryf gewoonlik haar van met 'n klein ........ aan die bokant van die "M".
10 % (afgerond)ctjie
71 % (afgerond)c'tjie  
19 % (afgerond)c-tjie

Meervoude of verkleiningsvorme van letters, syfers of woorde wat as letters uitgespreek word (byvoorbeeld akronieme), kry afkappingstekens.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Die koppie het ........ en flenters op die vloer geval.

9 % (afgerond)flaters
2 % (afgerond)flop
10 % (afgerond)flint
80 % (afgerond)fyn 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “fyn en flenters”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



........ vir ons die lemoen, dan is daar ’n helfte vir elkeen van ons.
10 % (afgerond)Halfeer
2 % (afgerond)halveer
88 % (afgerond)Halveer 
halfeer

Die eerste woord van ʼn sin ("Halveer") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties