30 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-09-2024 só ingevul:
Antoinette was verslae toe sy hoor van haar vriendin se siekte. Wat is die woordsoort van "verslae" in bostaande sin?
adverbiale adjektief
aannemende adjektief
attributiewe adjektief predikatiewe adjektief
'n Attributiewe adjektief staan (oftewel byvoeglike naamwoord) gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf; 'n predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "Antoinette was verslae".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Om ........ rand per nag vir verblyf te betaal, is verregaande.
sesduisend of ses-duisend
slegs ses duisend ses duisend of sesduisend
ses duisend of ses-duisend
Ingevolge reël 15.45 in die AWS kan 'n telwoord (soos "ses") + "honderd", "duisend", "miljoen", "miljard" los of vas geskryf word, maar nie met 'n koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die katjie het die ........ wol uitgerafel.
bolletjie
bolliekie
bollietjie
bollekie
Die verkleiningsvorm van "bol" is "bolletjie". Woorde wat eindig op ʼn "l", "m", "n" of "r" wat volg op ʼn kort vokaal kry "-etjie" in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Uitdrukking: Die ........ se kinders loop kaalvoet.
ryk man
hengelaar skoenmaker
boer
Die uitdrukking "die skoenmaker se kinders loop kaalvoet" word gesê van mense wat 'n bepaalde vaardigheid het, dit dikwels nie tuis aanwend nie.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)