2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 03 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-10-2024 só ingevul:



Verskeie ........ het deur die jare aan die hoof van die Inkamana Abdy in Vryheid, KwaZulu-Natal (die tuiste van die benediktyne in Suid-Afrika) gestaan.
30 % (afgerond)abbe
2 % (afgerond)abs
11 % (afgerond)abbotte
57 % (afgerond)abte 

Die meervoud van die woord "ab" ('die owerste van 'n monnikeklooster of -orde'; Engels 'abbot') is "abte". Ander voorbeelde van Afrikaanse woorde wat hul meervoude vorm deur die toevoeging van "-te" is "bees(te)", "lys(te)", "plig(te)", "produk(te)" en "tydskrif(te)".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Dit is die ........ aanmerking wat ek al in my lewe gehoor het.
3 % (afgerond)kruüste
17 % (afgerond)kruste
71 % (afgerond)kruuste 
8 % (afgerond)kru-ste

In die oortreffende trap van byvoeglike naamwoorde wat op 'n "u" eindig, word die "u" van die stam verdubbel.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die pasiënt is tans in die ........ , maar behoort binnekort na die gewone saal oorgeplaas word.
4 % (afgerond)hoë sorgeenheid
5 % (afgerond)hoë-sorgeenheid
1 % (afgerond)hoë sorg eenheid
91 % (afgerond)hoësorgeenheid 

As die lengte van 'n saamgestelde woord lees bemoeilik, kan 'n koppelteken tussen die samestellende dele gebruik word, maar die koppelteken moet nie tussen die byvoeglike naamwoord ("hoë") en die daaropvolgende selfstandige naamwoord ("sorg") geskryf word nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



'n Reeks smeekgebede deur ’n priester voorgelees en afgewissel deur kort antwoorde van ’n gemeente of koor noem ons 'n ........ .

1 % (afgerond)litaanie
21 % (afgerond)litani
77 % (afgerond)litanie 
1 % (afgerond)litaani

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Die woord "litanie" (met die klem op die laaste lettergreep) kom uit die Griekse "lite" wat 'gebed' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties