2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 07 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-10-2024 só ingevul:



Die hotel is nie baie modern nie, maar dit het die ........ dat dit goed geleë is.


1 % (afgerond)voërdeel
98 % (afgerond)voordeel 
foërdeel
1 % (afgerond)foordeel

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Dit was ’n belangrike dinee; al die ........ was daar.
89 % (afgerond)kokkedore 
2 % (afgerond)kokkedoorns
9 % (afgerond)kokkedoors

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("kokkedoor"), kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Wanneer Desember en die ........ aanbreek, gaan ons see toe.

kers vakansie
71 % (afgerond)Kersvakansie 
1 % (afgerond)Kers vakansie
29 % (afgerond)kersvakansie

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Die woord "bus" in die volgende sinne is ’n ........ .
Ry jy met die trein of die bus?
In watter bus moet ek die pos plaas?
2 % (afgerond)antoniem
7 % (afgerond)homofoon
2 % (afgerond)sinoniem
89 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "bus" (‘voertuig’) en "bus" (‘houer’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties