2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 07 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-10-2024 só ingevul:



Die Drakensberg troon ........ oor die Tugela.
49 % (afgerond)majestueus 
3 % (afgerond)majestieeus
48 % (afgerond)majestieus
majestiees

Ander sinonieme vir "majestueus" sluit in: "groots, imposant, koninklik, oorweldigend".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Idioom: Moenie verder spring as wat jou ........ lank is nie.
48 % (afgerond)tou
29 % (afgerond)arm
21 % (afgerond)stok 
2 % (afgerond)liniaal

Die idioom "moenie verder spring as wat jou stok lank is nie", beteken 'moenie iets onderneem wat bo jou kragte is nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Navorsing is gedoen met die ........ of Hess soos dit algemeen bekend staan.
50 %hoë-energie stereoskopiese stelsel of hoë energie- stereoskopiese stelsel
11 % (afgerond)hoë energie-stereoskopiese stelsel
27 % (afgerond)hoë-energie- stereoskopiese stelsel  
12 % (afgerond)hoë-energie stereoskopiese -stelsel

Volgens die jongste AWS (2017) is die koppelteken by afstandsamestellings verpligtend, byvoorbeeld - "hoë-energie- stereoskopiese stelsel" (AWS 12.24).
In hierdie geval is die koppelteken tussen "hoë" en "energie" ook opsioneel aangesien die weglating daarvan geen leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Gustav wil John se onderneming uitkoop.
Wat is die woordsoort van "wil" in bostaande sin?
4 % (afgerond)skakelwerkwoord van skakeling
13 % (afgerond)koppelwerkwoord van beplanning
66 % (afgerond)hulpwerkwoord van modaliteit 
17 % (afgerond)hulpwerkwoord van tyd

'n Hulpwerkwoord is 'n werkwoord wat 'n betekenis toevoeg aan een ander werkwoord en daardeur in beginsel nie selfstandig voorkom nie. In Afrikaans onderskei ons tussen hulpwerkwoorde van tyd, byvoorbeeld "het" en hulpwerkwoorde van modaliteit, byvoorbeeld "sal" en "wil".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
41% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties