07 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-10-2024 só ingevul:
Ek vind die verhaal nogal amusant. Wat is die is die woordsoort van "amusant" in bostaande sin?
bywoord byvoeglike naamwoord
selfstandige naamwoord
voornaamwoord
’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “amusante” verhaal. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “amusant”, “amusanter”, “die amusantste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Moet jou nou nie ........ hou nie; wees bietjie meer inskiklik.
hardekojawel
harde-koejawel hardekoejawel
harde koejawel
Byvoeglike naamwoorde (soos "harde") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "koejawel") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Ek sien uit na Ouma se vars ........ brood en beskuit.
tuisgemaakte tuisgebakte
tuis gemaakte
tuis gebakte
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Hier is vir jou ʼn ........ appels uit my tuin.
bundel pluksel
werpsel
bondel
ʼn Versameling appels is ʼn pluksel, babahondjies is ʼn werpsel, ʼn klomp wasgoed is ʼn bondel en ʼn versameling gedigte is ʼn bundel. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)