2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 08 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-10-2024 só ingevul:



Die vak was besonder ........ en interessant.
85 % (afgerond)verrykend 
6 % (afgerond)verykend
8 % (afgerond)verreikend
2 % (afgerond)vereikend

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Een van die algemene pare wat verwar word, is 'y/ei'. Die woord "verrykend" beteken om jou kennis in iets uit te brei. Daarteenoor beteken sy homofoon "verreikend" 'wat groot gevolge inhou'.

Sien ook die bladsy Klankverwarring.



My boetie het ........ om Sondag saam met my ma kerk toe te gaan.
geaanbied
ge-aanbied
99 % (afgerond)aangebied 
aanbied

Deelwerkwoorde soos "aanbied", kry ook "ge-" in die verledetydvorm, maar dit verskyn tussen die voorsetsel en die werkwoord.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



ʼn Inwoner van De Aar word 'n ........ genoem.

37 % (afgerond)De Aarder
18 % (afgerond)De Aarenaar
45 % (afgerond)De Aariet 
De Aarsel

Iemand wat van De Aar kom, word ʼn "De Aarer" of "De Aariet" genoem. Laasgenoemde volg dieselfde patroon as "Durbaniet", "Paarliet", "Ceressiet", ensovoorts. (Bron: Kempen, 1969; Anton Prinsloo in Volksblad)

Sien ook die bladsy Persoonsname.



Op die ........ van Archimedes staan 'n kopie van een geskrif van Archimedes.
53 % (afgerond)palimpses 
6 % (afgerond)palimpsest
37 % (afgerond)palimpsis
5 % (afgerond)palimsist

Die woord "palimpses" word in Afrikaans, anders as Engels en Nederlands, sonder 'n slot-t geskryf. 'n "Palimpses" is 'n perkamentrol wat, nadat die oorspronklike skrif afgekrap of onsigbaar gemaak is, weer opnuut vol geskryf is.
(Bron: HAT)

Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties