09 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-10-2024 só ingevul:
Sal jy ........ vir my 'n gunsie doen?
seblief of 'seblief
slegs sseblief
slegs 'seblief
slegs 'sseblief
Die afkappingsteken word in 'n aantal gevalle gebruik om aan te dui dat letters ontbreek, soos "as 't" in plaas van "as het". Die woord "seblief" is al ingeburger dat die AWS albei spelwyses aanvaar.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Ons was die naweek by die dieretuin; die kinders het veral die ........ geniet met die leeus en tiere.
groot kat afdeling
groot kat-afdeling grootkatafdeling
groot katafdeling
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "groot" + selfstandige naamwoord "kat") en ʼn selfstandige naamwoord "afdeling".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
........ is naas Madagaskar en Indonesië die derde grootste eilandnasie in die wêreld.
Papua Nieu Guinee
Papoea-Nieu-Guinee of Papua-Nieu-Guinee
Papua-Nieu Genee Papoea-Nieu-Guinee
Sommige plekname word verafrikaans. Die 2017-AWS erken slegs die spelling Papoea-Nieu-Guinee. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Dit was ........ of ons is betrap.
so-hitte-te
so hittette so hittete
sohittette
Die kollokasie "so hittete" beteken 'byna, ampertjies'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)