2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 14 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-10-2024 só ingevul:



Die skrywer het 'n toekenning ontvang vir sy hele ........ .
82 % (afgerond)oeuvre 
2 % (afgerond)oervre
11 % (afgerond)oevre
5 % (afgerond)oeurvre

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Die polisie het op die rowers geskiet en een is noodlottig ........ .
99 % (afgerond)gewond 
1 % (afgerond)geverwond
bewond
vergewond

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “noodlottig verwond”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die verdagte ry 'n blou ........ .
82 % (afgerond)vierdeur-Ford 
13 % (afgerond)vierdeur Ford
4 % (afgerond)vier-deur-Ford
1 % (afgerond)vier deur Ford

In 'n eienaamverbinding as soortnaam wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("vierdeur") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Ford"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Hoe word "push notifications" in die rekenaarwese in Afrikaans vertaal?
4 % (afgerond)Stampkennisgewings
56 % (afgerond)Aanstuurkennisgewings 
8 % (afgerond)Stootkennisgewings
31 % (afgerond)Drukkennisgewings

'n Aanstuurkennisgewing word deur die vervaardiger van byvoorbeeld 'n mobiele toepassing na jou slimfoon aangestuur. Microsoft gebruik ook hierdie vertaling vir "push notification".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties