17 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-10-2024 só ingevul:
........ is teen die reëls van die skool.
Strikkiesdraai
Stokkies draai
Strikkies draai Stokkiesdraai
As iemand "stokkiesdraai", bly hy/sy sonder toestemming weg van skool.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Daar staan sewe gebreekte ........ in my nefie se huis.
radioë radio's
radio'e
radios
Die afkappingsteken word gebruik by meervoudsvorme op "-s" van naamwoorde wat op "o" eindig.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Weens die hoë mate van werkloosheid op die dorp is meeste mense ........ en het nie eens elke dag kos om te eet nie.
kerkmuisarm brandarm
kaalarm
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 21 Maart gevier word?
Menseregtedag
menseregtedag
Mense Regte Dag
Menseregte Dag
Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf. "Menseregtedag" is 'n samestelling en word daarom vas geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)