2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 17 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-10-2024 só ingevul:



Die manlik van "masseuse" is ........ .

9 % (afgerond)masseus
91 % (afgerond)masseur 
masseer
massees

'n "Masseur" is 'n man wat mense wat byvoorbeeld sportbeserings het, masseer.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



"Dankie, jou hulp was baie ........ ."
83 % (afgerond)opportuun 
6 % (afgerond)oppertien
11 % (afgerond)oppurtuun
1 % (afgerond)oppirtien

"Opportuun" (b.nw. en bw.) beteken 'op 'n geleë tyd' of 'van pas'.
Oorronding en ontronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek.

Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Maak asseblief vir my vyf ........ vol met water.
12 % (afgerond)20 literhouers
81 % (afgerond)20-literhouers 
7 % (afgerond)20 liter houers

Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer, word vas met 'n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "20-literhouers", "F16-vegvliegtuig" (AWS 14.5).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die woonstel beskik oor 'n volledig ........ kombuis, kompleet met ingeboude stoof en skottelgoedwasser.
6 % (afgerond)uitgeruste
94 % (afgerond)toegeruste 

Die woorde "toerus" en "uitrus" beteken albei 'van die nodige voorsien'. Die woord "toerus" wordegter meer gebruik vir huise, winkels en fabrieke; die woord "uitrus" word meer gebruik vir fisieke noodsaaklikhede soos uniforms.
(Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties