2318 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 18 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-10-2024 só ingevul:



Ons moet ........ huis toe voor ons natreën.
4 % (afgerond)voet slaan
1 % (afgerond)foetslaan
94 % (afgerond)voetslaan 
1 % (afgerond)voet-slaan

ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voet" en "slaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Daar moet iets ........ as jy so ongelukkig lyk.

12 % (afgerond)happer
2 % (afgerond)hammer
1 % (afgerond)hamer
85 % (afgerond)haper 

Die woord "haper" word nie meer so dikwels gebruik nie, maar beteken 'makeer', 'ontbreek', 'te kort skiet' of 'faal'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Idioom: Op die ........ lê.
1 % (afgerond)bed
6 % (afgerond)grond
3 % (afgerond)vloer
90 % (afgerond)loer 

Die idioom "op die loer lê", beteken 'heimlik op die uitkyk wees'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Volgens taalkundige klassifikasie val Afrikaans (saam met Nederlands) onder die groepering ........ , 'n subklassifikasie van Nederduits.
57 % (afgerond)Nederfrankies 
12 % (afgerond)Anglo-Fries
11 % (afgerond)Oos-Germaans
19 % (afgerond)Noord-Germaans

Nederfrankies (die groepering waaronder Afrikaans val) ressorteer onder die klassifikasie Nederduits, wat op sy beurt onder Wes-Germaans val. Anglo-Fries ('n ander subklassifikasie van Wes-Germaans) is op sy beurt 'n hoër klassifikasie van beide Fries en Engels. Germaanse tale het drie vertakkings: buiten Wes-Germaans (waaronder Duits ook val) het Noord-Germaans (wat die meeste moderne Skandinawiese tale insluit) oorleef, maar alle Oos-Germaanse tale (waaronder Goties) het uitgesterf. Bronne: http://af.wikipedia.org/wiki/Nederfrankies en http://af.wikipedia.org/wiki/Germaanse_tale
Sien ook die bladsy Taalbenamings.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties