30 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-10-2024 só ingevul:
Marius is ’n regte ........ . Hy hou hom nie met hogere dinge besig nie.
pla’tjie
plaatjie
pladjie platjie
Alle woorde wat op ʼn "d" of ʼn "t" eindig, kry "-jie" in die verkleiningsvorm (AWS 15.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die ........ van die stoof maak die kombuis lekker warm in die winter.
gloet gloed
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Bloubergstrand is bekend vir sy pragtige ........ .
sonsondergange
sonsondergangens
sonondergange
sononders
ʼn Samestelling ("sonsondergang") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("son" en "ondergang") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Soms kom daar ’n verbindingsklank ("-s-") voor.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Oupa het 'n groot versameling kieries. Watter woord sal die gepaste sinoniem vir "kieries" in bogenoemde sin wees?
kapstokke
hokkiestokke
wingerdstokke wandelstokke
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Nog 'n sinoniem vir "kierie" is "gevegstok". Samestellings met "kierie" sluit in "knopkierie", "vegkierie", "snoekkierie", ensovoorts.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)