2296 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 31-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 31 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-10-2024 só ingevul:



Jy moet ’n afspraak by die ........ maak dat hy jou oë kan toets.
2 % (afgerond)oogards
oog arts
3 % (afgerond)oogaarts
95 % (afgerond)oogarts 

ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("oog" en "arts") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Noudat jy die pos gekry het, moet jy bewys dat jy dit ........ is.
1 % (afgerond)waärdig
1 % (afgerond)waerdig
waërdig
98 % (afgerond)waardig 

Daar kom nie 'n ekstra lettergreep na "a" in "waardig" nie, daarom is daar geen deelteken nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Jo-ann is ná die ongeluk weer ........ .
24 % (afgerond)perdfris en op die been
perdfris en hondmak
75 % (afgerond)perdfris en gesond 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “perfris en gesond”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Baie ........ kla dat daar teen hulle gediskrimineer word.
22 % (afgerond)Albino’s
53 % (afgerond)albino’s 
23 % (afgerond)albinos
2 % (afgerond)Albinoes

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "albino", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties