2310 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 05 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-11-2024 só ingevul:



Die atleet was so moeg sy kon skaars staan.
Wat is die woordsoort van die woord "staan" in bostaande sin?
93 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)adjektief
1 % (afgerond)bywoord
5 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "staan - gestaan".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



"Kom nou, kinders. Dis ........ ! sê Ma.
90 % (afgerond)slapenstyd 
4 % (afgerond)slapetyd
7 % (afgerond)slaapstyd

Verbindingsklanke "-s-", "en", "ens", "es" kom dikwels in samestellings voor en bind die twee woorddele aan mekaar.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



’n ........ is ’n baie belangrike Britse titel.
3 % (afgerond)lord
1 % (afgerond)lôrd
4 % (afgerond)Lôrd
93 % (afgerond)Lord 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Uitdrukking: Van ........ en gener waarde.
5 % (afgerond)jener
4 % (afgerond)beter
3 % (afgerond)geen
88 % (afgerond)nul 

Die uitdrukking "van nul en gener waarde" beteken 'niks werd'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties