2463 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 21 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-05-2025 só ingevul:



Die Swede se ........ is van die hoogste ter wêreld.
4 % (afgerond)lewestandaard
lewe standaard
lewen standaard
96 % (afgerond)lewenstandaard 

Die samestelling "lewenstandaard" bestaan uit drie dele: "leef" + "-ens-" + "standaard". Aangesien die laaste deel van die samestelling met 'n "s" begin, word die "s" van "-ens-" nie geskryf nie. Ons skryf dus wel "lewensverwagting", maar nie *lewensstandaard nie. (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die ........ is bekend vir sy relatief matige klimaat.
12 % (afgerond)hoëveld
2 % (afgerond)Hoë Veld
hoë veld
85 % (afgerond)Hoëveld  

Geografiese name wat geen eienaamelement bevat nie, word sonder 'n koppelteken vas geskryf. (AWS12.28)
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: Sy ........ gaan braai.
3 % (afgerond)spek
3 % (afgerond)kastanjes
73 % (afgerond)kierang 
22 % (afgerond)kastaiings

As jy iemand wil waarsku dat hy uitgevang gaan word vir sy oneerlikheid, sê jy in die idioom vir hom sy kierang (of kierankies) gaan braai. Die woord "kierang" kom uit die Maleis en beteken oorspronklik 'bedrog'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ds. ........ het die verrigtinge met Skriflesing en gebed geopen.

58 % (afgerond)du Toit
39 % (afgerond)Du Toit 
1 % (afgerond)du toit
3 % (afgerond)DuToit

Na 'n titel word die eerste lid van 'n meerledige van (soos "du Toit") altyd met 'n hoofletter geskryf, tensy daar 'n voorletter of naam voor die van voorkom (byvoorbeeld "Ds. Jan van du Toit").

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties