2552 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-04-2025 (vlak 2)



vorige toets 10 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-04-2025 só ingevul:



Die omroeper het vandag 'n belangrike gas in die ........ .
3 % (afgerond)atelier
7 % (afgerond)atteljee
atellier
89 % (afgerond)ateljee 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Ruurd is baie selfbewus oor sy ........ neus en oorweeg plastiese chirurgie.
skeewe
skeef
99 % (afgerond)skewe 
skefe

Woorde wat op ʼn lang vokaal en ʼn “f” eindig, kry “w” in die attributiewe vorm, byvoorbeeld "skeef - skewe".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Daar is 'n gebrek aan behuising in die ........ .
48 % (afgerond)Ventersdorp plaaslike munisipaliteit
33 % (afgerond)Ventersdorp- Plaaslike Munisipaliteit 
16 % (afgerond)Ventersdorp- plaaslike Munisipaliteit
2 % (afgerond)ventersdorp- plaaslike munisipaliteit

Geografiese name, byvoorbeeld die name van provinsies en streke, begin met 'n hoofletter. Volgens die AWS is afstandskoppeltekens in samestellings wat deur 'n byvoeglike naamwoord onderbreek word, verpligtend.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die soldate buit alles wat voorkom.
Wat is die woordsoort van "buit" in bostaande sin?

97 % (afgerond)werkwoord 
voornaamwoord
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

Hoewel die woord "buit" in 'n bepaalde konteks 'n selfstandige naamwoord kan wees, is dit in hierdie geval 'n werkwoord. 'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties