09 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-04-2025 só ingevul:
Die aankoms van vlugtelinge uit Sirië na Europa stuur op 'n ........ af.
slegs reuse- humanitêre krisis slegs reuse-humanitêre krisis reuse-humanitêre-krisis of reuse humanitêre krisis reuse humanitêrekrisis of reuse humanitêre krisis
Afstandsamestellings kan volgens die 2017-AWS slegs met ʼn koppelteken geskryf word, byvoorbeeld "reuse- humanitêre krisis". (AWS 12.25). Let daarop dat die skakel "reuse-" nie 'n byvoeglike naamwoord is nie, hoewel dit op die oog af so mag lyk, daarom word dit vas geskryf, byvoorbeeld, "reusedier", "reusehuis" en "reusekrisis".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Kies die styltydperk wat jy met hierdie uittreksel ........ .
assossieer assossieër assosieer assosiëer
Woorde wat op “-ieel”, “-ieer” en “-ieet” eindig, kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.2).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Niklaas, die skaapwagter, trek met sy ........ oor die randjie op soek na groener weivelde.
werpsel stoet kudde
'n Kudde verwys na 'n trop skape, beeste of buffels; 'n hond se kleintjies is 'n werpsel; ’n versameling motors wat agter ’n lykswa ry, of diere wat gebruik word vir teeldoeleindes is ’n stoet.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Dr. Venter is die nuwe hoof van die universiteit se ........ .
skool vir tale Skool vir tale Skool vir Tale Skool Vir Tale
Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van departemente, afdelings of fakulteite, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)