2481 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 12 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-05-2025 só ingevul:



Jeanine plak ywerig voort.
Wat is die woordsoort van die woord "plak" in bostaande sin?
12 % (afgerond)bedrywige hoofwerkwoord
3 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord
48 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
37 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Jeanine plak prente in haar boek. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Jeanine plak ywerig. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die ........ van die aarde op ʼn voorwerp is ʼn aantrekkingskrag wat na die aarde se middelpunt toe werk.

1 % (afgerond)swaarte krag
swaar krag
swarte krag
99 % (afgerond)swaartekrag 

ʼn Samestelling (“swaartekrag”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“swaarte” en “krag”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Welkom in my beskeie ........ ; dis nie baie groot nie, maar goed genoeg vir my.
woningekie
2 % (afgerond)woningetjie
18 % (afgerond)woningtjie
80 % (afgerond)woninkie 

Die “-kie”-morfeem word net in verkleiningsvorme gebruik wanneer daar ʼn “ng”-klank aan die einde van ʼn meerlettergrepige woord voorkom; die “g” word dan vervang met “-kie”, byvoorbeeld “woning” word “woninkie”.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die beskuldigde het appèl teen sy uitlewering ........ Amerika aangeteken.
1 % (afgerond)vir
18 % (afgerond)na
81 % (afgerond)aan 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens lewer iemand "aan" iemand anders uit.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties