03 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-03-2025 só ingevul:
Jan Braai het besoek gebring aan die stad ........ in die deelstaat Beiere in Duitsland.
Muungen Munich Munchen München
Die hoofstad van die Duitse deelstaat Beiere staan in Afrikaans (net soos in Duits) bekend as "München" (Engels 'Munich'). 'n Inwoner van dié stad word 'n "Münchener" genoem. (Bron: AWS)
Sien ook die bladsy Plekname.
Jean het sy motor ........ gekoop, maar dit lyk nog splinternuut.
twedehands twede hands tweede hands tweedehands
Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-s”) wat ʼn woordgroep (“tweede en hand”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Ons het ........ nuus gekry dat die petrolprys gaan daal.
bemoedigend bemoedigd bemoedigende bemoedig
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("bemoedigend"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Idioom: "Die wa voor die osse span" beteken om ........ .
haastig te wees deurmekaar te wees 'n saak agterstevoor aan te pak oningelig te wees
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)