2464 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 13 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-05-2025 só ingevul:



Ons het ʼn lekker bui reën gehad.
Wat is die woordsoort van "bui" in bostaande sin?
4 % (afgerond)voegwoord
31 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
61 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
5 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “bui - die bui – buie”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek gaan nie toelaat dat die terugslag my ........ nie.
89 % (afgerond)onderkry 
1 % (afgerond)onder-kry
11 % (afgerond)onder kry

Die woord "onderkry" is 'n samestelling van die setsel "onder-" en die werkwoord "kry". Samestellings word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Oktober is die tyd wat die ........ blom.
10 % (afgerond)jakaranda's
9 % (afgerond)Jakaranda's
21 % (afgerond)Jakarandas
60 % (afgerond)jakarandas 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters. Woorde wat op "a" eindig, kry slegs 'n afkappingsteken in die meervoud as die "a" lank en beklemtoon is.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



"Hoe gaan dit met jou nadat jy die kompetisie gewen het, Danie?"
"Met my gaan dit ........ !" sê Danie.
3 % (afgerond)klopdistelboom
6 % (afgerond)klopdiselboom
2 % (afgerond)klop-dissel-boom
89 % (afgerond)klopdisselboom 

Die woord "klopdisselboom" beteken 'voorspoedig'.
Die Engels vir "klopdisselboom" is 'plain sailing' of 'everything is running smoothly'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties